The South African
Military History Society

Die Suid-Afrikaanse Krygshistoriese Vereniging



Military History Journal
Vol 1 Nr 5 - Desember 1969

BELANGRIKE GETUIENIS OOR DIE SUID-AFRIKAANSE LUGMAG

DR. JAN PLOEGER

,,Ek dink dat die ontwikkeling van die Lugmag onverwyld in hand geneem moet word en dat ons ‘n voorbeeld vir die toekoms moet stel en die voorbeeld van ander lande behoort te volg.”

Hierdie belangrike uitspraak kom voor in die verslag van die gekose komitee van Mei 1921 en is afkomstig van die toenmalige Direkteur van die Lugdiens, kol. sir Helperus Andrias van Ryneveld, KBE, DSO, MC, wat op 1 Februarie 1920 in bogenoemde pos aangestel is.


General Sir H. A. (Pierre) van Ryneveld, KBE, CB, DSO, MC.

Waar dit binnekort vyftig jaar gelede is dat die latere genl. sir Pierre van Ryneveld, KBE, CB, DSO, MC, met sy werksaamhede begin het en sy aanstellingsdatum as die stigtingsdatum van die huidige SALM aanvaar is, is dit ongetwyfeld van pas om, voordat op die belangrike getuienis ingegaan word, een en ander oor die voorgeskiedenis van die huidige Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) mee te deel.

Allereers dan ‘n paar inleidende gedagtes our die Zuid-Afrikaanse Vliegeniers Korps of South African Aviation Corps ‘n Burgermag-organisasie waaromtrent daar voorsiening gemaak is in Wet No. 13 van 1912.

WET No. 13 VAN 1912:

In die Wet om voorziening te maken voor de Verdediging van de Unie en voor zaken daarmede in verband staande/Act to provide for the Defence of the Union and for matters incidental thereto, kortliks bekend as Wet No. 13 van 1912 of die Zuid Afrika Verdedigingswet, 1912 (South Africa Defence Act, 1912) is, onder die hoof De Burgermacht (The Citizen Force), in art. 19(1) aan die goewerneur-generaal die reg toegeken om ‘n lugvaartskool (School of Aviation) in die lewe te roep of bystand met betrekking tot die oprigting hiervan te verleen om lede van die Verdedigingsmag te onderrig of op te lei wat onderneem om in oorlogstyd as militêre vlieëniers diens te doen. Wanneer hierdie lede die vereiste bewyse van bekwaamheid verwerf het, kan hulle opgeneem word in ‘n Korps wat bekend sal staan as die Zuidafrikaanse Vliegeniers Korps (South African Aviation Corps). Laasgenoemde Korps sal, aldus art. 19(2) as 'n Aktiewe Burgermag-eenheid beskou word, terwyl die koste wat aan die lugvaartskool en die Zuidafrikaanse Vliegeniers Korps verbind is uit gelde bekostig kan word wat deur die Parlement vir die besondere doel beskikbaar gestel word, aldus art. 19(3) van genoemde wet.

BRIG.-GENL C. F. BEYERS SE SENDING:

Een van die uitvloeisels van bogenoemde wetsartikel was dat die Minister van Verdediging, genl. J. C. Smuts, op 20 Julie 1912 opdrag gegee het aan brig-genl. C. F. Beyers, K.G. Burgermag, om ‘n besoek aan Europa te bring ten einde o.m. by die Britse militêre lugvaartskool op Salisbury Plain ,,as many details as possible for a guide in establishing a military aviation school in South Africa on a small and economical scale,” te verkry, aldus brig.-genl. Beyers se verslag van 7 Desember 1912 soos gepubliseer in Printed Annexures to the Votes and Proceedings of the House of Assemb1y UG 32-’13, Vol. VI, pp 1-9).

In Engeland het die generaal onder die indruk van die waarde van vliegtuie vir verkenningsdoeleindes gekom en in die verband gerapporteer: Aerial scouting should prove a great saving in horses and men ... (p. 5).

Op 25 September 1913 is die Central Flying School op Upavon besoek en het offisiere die wenslikheid beklemtoon om ten spoedigste ‘n lugvaartskool in die Unie te begin ,,at any rate before the aircraft wing of our army is formed.” In Londen is die plan geopper om 5 of 6 jong Suid-Afrikaners na Upavon te stuur om daar opgelei te word (p. 6).

DIE GEVOLGE VAN DIE SENDING:

Dit val buitekant die bestek van hierdie bydrae om in besonderhede in te gaan op die ontwikkeling en groei van die jong Korps wat tydens die krygsverrigtings in Duits Suidwes-Afrika opgetree het en, as No. 26 (SA) Eskader, RFC, in 1916 in Duits-Oos-Afrika opgetree het.

In die verband is dit voldoende om die belangstellende leser na genl.-maj. K. R. van der Spuy, CBE, MC, se bekende werk Chasing the Wind (Cape Town, 1966), en Geoffrey Norris se studie The Royal Flying Corps (London, 1965), te verwys.

Terloops kan opgemerk word dat genl. J. C. Smuts in die oorlogsjare ‘n belangrike rol met betrekking tot die totstandkoming van die RAF gespeel het, ‘n feit waaromtrent Charles Sims se gedenkboek The Royal Air Force. The First Fifty Years (London, 1968) meer gegewens bevat, terwyl Norris se werk gegewens met betrekking tot die optrede van die toenmalige kapt. H. A. van Ryneveld vermeld (pp. 128-129) wat meer lig op laasgenoemde tydens die Eerste Wêreldoorlog werp.

Die Zuidafrikaanse Vliegeniers Korps het, as ‘n Burgermag eenheid, tot 30 September 1921 voortbestaan en is kragtens Goew. Kennisgewing No. 1744, van 29 Oktober 1921, soos gepubliseer in die Staatskoerant van 4 November 1921 ontbind.

WETSWYSIGING BEOOG. KOL. SIR H. A. VAN RYNEVELD VERSKYN VOOR DIE KOMITEE:

Tydens die parlementêre sitting van 1921 het die toenmalige Minister van Verdediging, kol. H. Mentz, L.V., op 8 April die tweede lesing van ‘n wetsontwerp voorgestel wat bedoel was om die bestaande Verdedigingswet van 1912 te vervang. Die minister het, aldus die verslag in die Cape Times, by die geleentheid o.m. verklaar dat die wetsontwerp niks nuuts bevat nie, behalwe dalk met betrekking tot die Lugmag. Hy het hieraan toegevoeg dat daar in die bestaande wet wel voorsiening gemaak was vir ‘n Lugmag maar dat daaromtrent op die tydstip bloedmin bekend was(1).

In die huidige wetsontwerp is, aldus die Minister, voorsiening gemaak vir die Lugmag as deel van die Staande Mag terwyl eskaderhoofkwartiere in Pretoria en Bloemfontein gestig sal word.

In die loop van die begrotingsdebat, op 29 April 1921, het minister Mentz met betrekking tot die Lugmag verklaar dat sommige Volksraadslede dalk mag dink dat Suid-Afrika nie ‘n lugmag nodig het nie. Volgens sy mening is dit net soos ‘n assuransiepolis: Jy betaal jou premies en laat die polis verval omdat jy nooit brand gehad het nie. Veertien dae later kom die brand en dan betreur jy jou optrede. Die Lugmag is jonk, maar noodsaaklik!

Nieteenstaande die minister se versekering dat daar feitlik niks nuuts in die wetsontwerp voorkom nie, het dit ‘n onderwerp van heftige bespreking geword. Genl. J. B. M. Hertzog was die eerste wat daarop aangedring het dat die, nou omstrede, ontwerp na ‘n gekose komitee verwys moet word.

Op 11 Mei 1921 het kol. sir H. A. van Ryneveld voor hierdie komitee verskyn wat, onder voorsitterskap van minister Mentz, uit die volgende lede bestaan het: Brig.-genl. J.J. Byron, CMG, DSO (L.V. Grens), maj. Gideon Brant van Zyl (L.V. Kaapstad-hawe), brig.-genl. L. A. S. Lemmer (L.V. Mariko), mnre. M. L. Malan, Van Hees en Hugo, kol. sir George Leuchars, KCMG, DSO (L.V. Umvoti), en kapt. P. S. Cilliers, en waarvan die verslag as die Report of the Select Committee on the Union Defence Forces Bill (S.C. 10-’21) gepubliseer is.

SY EIE LOOPBAAN VOOR 1921:

Op ‘n vraag van die voorsitter het kol. sir H. A. van Ryneveld geantwoord dat hy die wetsontwerp nagegaan het waarvan een van die onderdele voorsiening vir 'n Suid-Afrikaanse Lugmag maak (p. 149). Daarna het hy soos volg voortgegaan:

,,In regard to my experience of flying, I may say that before the war I took the degree of Bachelor of Arts in South Africa before proceeding to London, where I obtained the degree of Bachelor of Science in Engineering and the A.C.G.I., which exempts me from the examinations of A.M.I.C.E. and A.M.I.M.E. I joined an infantry regiment in 1914, and when a company commander, I transferred to the Royal Flying Corps at the beginning of 1915. I first saw service flying against Zeppelins at night, then at the tail end of the Gallipoli Campaign, in the Western desert of Egypt against the Senussi, against the Turks in Egypt and Palestine, against the Bulgars in Salonika, night flying again for a short period against Gothas in England, and two years in France and Flanders, where for the last 1.5 years of the war, I commanded the 2nd Army Wing. I was on the point of taking over command of an Air Brigade when the Armistice stopped it. Since the Armistice I was located for two years at the Air Ministry, in charge of the selection and packing of aircraft equipment for South Africa and was in personal touch not only with General Trenchard, Chief of the Air Staff, and General Sykes, Controller-General of Civil Aviation, but also with the commercial leaders of aviation enterprises.”

Die getuie het vervolgens na ‘n aanloklike aanbod verwys wat hy van die firma ,,Aireo Aviation” (mnr. Holt Thomas en genl. Brancker, later vise-lugmaarskalk sir W. Sefton Brancker, KCB, AFC), sowel as van die Handley-Page-maatskappy ontvang het om lugvaartmaatskappye in die Unie op te rig. Hy het hierdie aanbiedings ewenwel van die hand gewys omrede hy die klaarblyklike mislukking van die kommersiële lugvaart voorspel het.

Op 1 Februarie 1920 is hy as Direkteur van Lugdienste in Suid-Afrika benoem.

DIE HUIDIGE STAND VAN SAKE. TOEKOMSPLANNE. BELEID:

Kol. sir H. A. van Ryneveld het soos volg voortgegaan:

,,At present we have 100 gift machines from the Imperial Government which are composed of 48 of the type De Havilland 9, 30 machines of the Avro type and 22 of the Scout type of aeroplane. In addition we have 11 machines of the De Havilland 4 type, which were not included in the free gift, but which were returns from the gift machines of the overseas club. We have also sufficient equipment to maintain four squadrons for two years or two squadrons for four years. We should have one or two squadrons. A squadron consists of three aeroplane flights, together with a head-quarter or administrative flight. My suggestion is, not to organise the South African Air Force like the Royal Air Force, but to arrange our system of flying so that each flight will in reality be the cadre of a squadron. Instead of having a squadron of one type of machine only, I propose to organise so that each flight (consisting of six machines) will have a different type of machine. One flight will be equipped with Avros and be the cadre of a training and artillery squadron. One flight will be equipped with D.H. 9’s and be the cadre of a long-distance reconnaissance, bombing and photographic squadron. One flight will be equipped with scout machines and be the cadre of a fighting and ground-straffing squadron. So that in the event of emergency any of these flights could readily be expanded into a squadron with the various duties mentioned previously and the squadron administrative flight could be extended into the duties of a wing H.Q. As you say it is proposed to divide the Union into practically three sections, two inland and one at the coast. The internal sections will be at Pretoria and at Bloemfontein. I can serve the whole of the Northern Transvaal and Eastern Transvaal up to the coast from Pretoria and from Bloemfontein the whole of the Basutoland and Transkeian areas. I have not yet considered serving the western portions from Pretoria and Bloemfontein. Our chief peace-time policy in the air force should be in having public demonstrations, the moral effect of which will lie in preventing rather than quelling internal disturbances. We could send machines to the “Wapenschouwings” to give shooting and bombing demonstrations, and I am certain that by having similar demonstrations in the native areas the moral effect would be excellent in preventing any internal trouble.”

PERSONEEL:

Met betrekking tot personeel het die Direkteur voorgestel om offisiere, met dien verstande dat hulle op dertigjarige leeftyd aftree, vir tydperke van drie jaar aan te neem. Vir ondergeskiktes moet ‘n tydperk van drie jaar met verlengings van twee jaar geld. Offisiere-vlieëniers moet op dertigjarige leeftyd aftree, terwyl ‘n vlug-bevelvoerder nog vyf jaar in diens kan bly. Na hierdie leeftydsgrens het, aldus die getuie, die mens nie meer soveel durf nie.

Ook het kol. sir H. A. van Ryneveld ‘n pensioenskema in gedagte gehad, daaroor uitgewei en op grond van al hierdie besonderhede tot die volgende gevolgtrekkings gekom:

I think that in this way we will be able to obtain a staff in the Air Force which will be the highest and best in every respect type, education, ability to fly and technical and practical knowledge. In regard to our conditions for flying, I think that our conditions are almost unique — one may say ideal — for the purpose. In South Africa I should think you can fly on 360 out of the 365 days of a year, whilst in England it is probably more like 260 out of the 365 days. Training centres should be better at the coast at sea level. Failing that I think the next best place for having a training centre would be at Bloemfontein, which is only 3,000 feet above sea level. I think it is better to have a training centre at a low rather than at a high altitude, for the reason that “lift” which is proportional to speed, is the thing which keeps a machine in the air. The “lift” and consequently the speed is proportional to the density. A machine which takes off at sea level with a certain load can do so, say, at 30 miles an hour. The same aeroplane would not get off at Johannesburg, for instance, at 6,000 feet, until it obtains a speed on the ground of, say, 55 or 60 miles an hour. All the damage and wear and tear caused to a machine is during the period when the machine is moving on the ground, and if a training machine has continually to take off at 60 miles instead of 30 miles an hour, taking it year after year, this is certain to cause an increase of expenditure.”

‘N GEVOEL VAN EENSAAMHEID:

Na aanleiding van ‘n vraag deur brig.-genl. Byron het kol sir H. A. van Ryneveld verduidelik dat daar geen ooreenkoms tussen militêre optrede in die lug en op land is nie. In laasgenoemde geval is daar altyd mense in jou nabyheid, in die lug is jy alleen. Jy het ‘n gevoel asof jy ‘n atoom in die heelal is. Of daar ‘n vliegtuig op ‘n afstand van twintig tree van jou af is of op ‘n afstand van ‘n my1 die gevoel van eensaamheid is daar en dit veroorsaak spanning. Weekliks moes ek, aldus die getuie, terwyl ek in bevel van ‘n vleuel van twaalf eskaders was, vier tot vyf persone wegstuur omdat hulle nie teen hierdie spanning opgewasse was nie. Dit was nie as gevolg van lafhartigheid nie, maar omdat hulle te veel oor die volgende opdrag nagedink het.

Voortgaande het die direkteur verklaar:

,,You want the type of man who can do his fighting in the air and then switch off his thoughts at any time and not to brood over it. That is the reason why I propose the age limit at 35 for an active flying officer. A man after that age is inclined to become too calculating, and no longer retains that spirit of indifferent daring which is so essential in flying, and that is why it is so essential to obtain young men for your officers in the Air Force.”

DIE BESTE VLIEËNIERS. BELANGRIKHEID VAN DIE LUGMAG:

Nadat kol. sir H. A. van Ryneveld die gedagte uitgespreek het dat die Lugmag nie under die beheer van die Hoof van die Generale Staf geplaas moet word nie, dat Suid-Afrika oor ideale vliegomstandighede beskik en dat die jeug oor die vereiste aanpassingsvermoë met betrekking tot die lugvaart, beskik, het hy verklaar dat Suid-Afrikaners onder die beste vlieëniers was wat tydens Wêreldoorlog I aan Geallieerde kant gedien het. Suid-Afrikaners was die beste en kon hulle self aanpas. Voortgaande het hy ten slotte verklaar:

,,I think there is still a great development to be expected in air warfare. I am familiar with the expression ‘command of the air’ and all it means. It has occurred to me that the expression ‘command of the air’ may in the future be a very important phrase, in the same way as ‘command of the sea’. It is probable that a nation may arise which may be said to have command of the air, and I look upon the air force here as most important for the defence of the country. I think that the development of the air force should commence right away, and. . . we must make our precedents for the future and adapt the precedents of other countries...”(2)

NOTA:

1. In hierdie verband word verwys na Abridged Annual Report of the Department of Defence for the Year ended 30th June, 1921 (Pretoria, 1922), waarin VII South African Air Force, soos opgestel deur die ,,Director of Air Services”, kol. sir H. A. van Ryneveld, KBE, DSO, MC, pp. 30-34. Hierdie verslag bevel ‘n groot hoeveelheid besonderhede en onder Programme is o.m. vermeld: ,,The programme for 1921-1922 is to estabtish a headquarters, depot and one squadron of three flights, each of six machines ..." Op die tydstip waarop die verslag opgestel is, was daar een eskader “consisting of one Headquarters Flight and three Air Flights” (p. 32). Tot 30 Junie 1921 was 97 vlugte onderneem (p. 32), waaronder ‘n vlug van Kaapstad na Pretoria op 1 April 1921 in 9 uur en 6 minute afgelê is.

2. Die verslag (teks in Engels) is getitel “Report of the Select Committee on the Union Defence Forces Bill.” Die verwysing is S.C. l0-’21 en dit is in 1921 in Kaapstad gedruk. Dit is ook gepubliseer, tenminste wear dit kol. sir H. A. van Ryneveld se getuienus betref, in die Cape Times, Kaapstad, 21/5/1921, en in die herdruk “Debates of the House of Assembly of the Union of South Africa as reported in the Cape Times,” deel VI, Pretoria, Die Staatsbiblioteek, 1969, p. 182.

Return to Journal Index OR Society's Home page

South African Military History Society / scribe@samilitaryhistory.org